BURGESS PLUMBING S62 PRO REVIEW

“I’ve had the privilege to experience the Cat S62 Pro for the last couple of weeks and it has been awesome. The features of this phone are probably some of the best I’ve seen so far. “

– JP Rance | Red Seal Plumber

Die Cat S62 Pro bied die beste geïntegreerde termiese kamera beskikbaar in ‘n slimfoon. Gebruik die termiese kamera om klammigheid, trekke, lekkasies, brandpunte, elektriese kortsluitings, verstoppings of verhoogde temperature vroegtydig te identifiseer – selfs in algehele donkerte.

Dié slimfoon beskik oorIP68, IP69 en Mil-Spec 810H – dus is dit stofdig en valbestand tot 1,8 meter, vibrasie-, sand-, soutmis- en drukbestand. Verder word die Cat S62 Pro beskerm deur ‘n hoëgehalte aluminium liggaam en beskik dit oor ’n uiters helder skerm, revolusionêre termiese hittebeelding en verlengde batterylewe. Al dié taaiheid kom ook standaard met tweejaarwaarborg.

Boonop is daar ook vooraf wonderlike werksprogramme vir terreininspeksie en verslaggewing geïnstalleer, en maak die Cat S62 Pro dit vir jou maklik om sommer al jou verslae direk van jou slimfoon af te doen.

Dié robuuste slimfoon is gereed vir harde werk en het geen bedekking nodig nie.

GAAN TERUG